So het ’n voormalige Instagram-ster wat bekendheid verwerf het oor sy haarself uitgehonger het, beken. Sy het besluit om haar mond en maag oop te maak en te praat oor haar eetsteuring.

Daniella Isaacs het haar versteuring as die sogenaamde skoon eet dieet verberg.

Die dieet wat Daniella gevolg het was so beperk dat haar gewig van ’n gesonde nommer tien tot onder ’n nommer 6 gedaal het.

Daniella het geweier om olie, koolhidrate en verfynde suiker te eet om sodoende haar lae gewig te handhaaf.

Die newe effekte van die beperkte dieet het veroorsaak dat haar maandstonde ophou, haar hare uitval en haar oë was ook konstant flou.

Daniella het haar hart teenoor Mail Online oopgemaak en verklap dat die dieet voor haar suster se troue begin het.

“Ek het seliaksiekte so ek was klaar glutenvry. By my suster se henparty het ek met een van haar vriendinne gesels en daar het ek gehoor van ‘skoon eet en hoe dit my maag sal help’.”

Die res is geskiedenis!

Daniella het onmiddellik met die dieet begin en het suiker, suiwelprodukte en brood en pasta uit haar dieet gesny.

Breakfast @heliosretreats @w1nutritionist

A post shared by Hear Me Raw (@daniellaisaacs) on

Sy het kleurvolle kiekies en beskrywings van haar nuwe dieet op Instagram begin deel en die aantal mense wat van haar inskrywings gehou het en haar erkenning gegee het, het haar ego gevoed.

Die probleem is egter dat die kos gesond lyk, maar niks van die broodnodige voedingstowwe bevat nie.

Acai trumped. @backyardbowls @jadeolivia_g #worthyofafoodpic

A post shared by Hear Me Raw (@daniellaisaacs) on

Sunday brunchings.

A post shared by Hear Me Raw (@daniellaisaacs) on

Sy het ook foto’s van ’n maerder weergawe van haarself gedeel en haar volgelinge was mal daaroor.

Holiday booking season.

A post shared by Hear Me Raw (@daniellaisaacs) on

On route to #haymanisland @oohaymanisland

A post shared by Hear Me Raw (@daniellaisaacs) on

Vandaar was dit net ’n stroom negatiewe konnotasies wat verbind is met die steuring wat as orthorexia bekend staan.

Daniella, ’n drama gegradueerde, het na Australië gegaan om by die Adelaide Fringe op te tree.

Dit was iets wat haar sielsmoeg gemaak het oor sy konstant gewonder het oor wat sy moes eet en wanneer sy gaan oefen.

“Ek sal gim toe gaan as ek op pad was teater toe en het vyf kilometer gehardloop voor ek opgetree het. As ek na iemand se huis gegaan het sou ek aanbied om te kook sodat ek die kos kon kies. As ek by ’n restaurant gaan eet het, het ek altyd aangedring dat ek die een was wat moes kies,” het Daniella aan Mail Online vertel.

Ten spyte van haar persoonlike wroeging met die versteuring het haar aanlyn-bekendheid verwoed gegroei.

“Mense het vir my meer komplimente gegee oor hoe maer ek was ten spyte van die feit dat ek op die grens van anoreksie was. Hulle het na my gekom vir raad en gevra ‘Wat is jou geheim?’”

Sy het afgesluit deur te sê dat sy vasgevang was deur Instagram en sy kon nie anders as om haar self te vergelyk met ander nie.

“Toe ek Instagram se weergawe haal van hoe om gesond te wees het ek siek geraak. Ek het ’n geestelike versteuring ook gehad en dit is wat ’n eetsteuring is. Om maerder te wees het my nie gelukkig gemaak nie. Ek was verveeld en robotagtig.”

Bronne: Metro, Daily Mail,Instagram