'n Jong vrou van Rusland veil haar maagdelikheid aanlyn op sodat sy kan bekostig om oorsee medies te studeer. Die 20-jarige, wat net as Adriana bekendstaan, se aanbieding word op 'n webtuiste vir gesellinne bemark waar sy glo aanbied om haar maagdelikheid prys te gee aan iemand wat die hoogste aanbod maak. Haar beginprys is sowat R3,1-miljoen.

"Ek wil in 'n ander land medies studeer. Die universiteit is baie duur en die huur daar is net so duur. Ek neem aan om in 'n ander land te woon is boonop moeilik; daarom wil ek die finansiële struikelblok uit die weg ruim sodat ek op my studie kan konsentreer," het sy aanlyn haar besluit verduidelik.

Haar ouers is glo nie bewus van haar besluit nie, maar haar boesemvriendin, wat aanlyn as Lolita bekendstaan, het aangebied om ook haar eie maagdelikheid prys te gee in ruil vir 'n stewige bedrag.

Daar is nie studiebeurse in Rusland nie en haar ouers is nie welgesteld genoeg om vir haar studie te betaal nie, sê Adriana. Sy sê dat sy met liefde haar besluit aan haar ouers sal verduidelik, sou hulle daarvan te hore kom.

"Ek is 'n onafhanklike vrou wat kan maak nes ek wil. Glo my, ek het lank en hard daaroor nagedink voor ek dié besluit geneem het."

Sy noem ook dat sy nie haar maagdelikheid wil prysgee aan 'n man wat eenvoudig haar hart agterna kan breek nie. Om die geld vir haar studie aan te wend is 'n baie wyser besluit, meen sy.

"Waarom moet ek dan nou langer wag?"

Bronne: The Mirror, The Sun, Elite Daily, Daily Mail