’n Seun (14) van Arkansas, Amerika, is nou die trotse eienaar van ’n bruin diamant van meer as 7 karaat.

Kalel Langford het verlede Saterdag rondgestap in die Crater of Diamonds, ’n park in dié deelstaat, maar nooit verwag dat hy ná 30 minute so ’n gelukkige dag gaan hê nie, berig CNN.

Kalel het ’n bofbalwedstryd daar naby gaan kyk, en het langs die rivierbedding rondgestap toe hy ’n blink bruin klippie optel. Hy het sy pa Craig, geroep om te kom kyk en hulle het dadelik besef dié klippie is nie net ’n klippie nie, berig die Amerikaanse tydskrif Time.

[caption id="attachment_164490" align="aligncenter" width="513"]arkansas_diamond_find_77145 Kalel Langford wys trots sy vonds: ’n Groot bruin diamant.   Foto's: Arkansas Department of Parks & Tourism via AP[/caption]

Die park het in ’n verklaring bevestig dat die klippie ’n bruin diamant is en dat dit teen 7,44 karaat die sewende grootste diamant is wat sedert 1972 in dié nasionale park opgetel is.

[caption id="attachment_164491" align="aligncenter" width="489"]Foto: Arkansas Department of Parks & Tourism via AP Die knewel van 7,44 karaat het langs die rivier gelê.[/caption]

Mense wat diamante in die park vind, kan dit hou. En luidens die verklaring beplan Kalel om die diamant as ’n herdenking van sy eerste besoek aan die park te hou.

Daar is vanjaar reeds 97 diamante in die park gevind. Bruin, geel en wit diamante is die algemeenste.