Josh Pharaoh (9) het Vrydag ernstige hoofbeserings opgedoen toe hy op ’n weermagvoertuig geklim het. Josh, van die Paarl, het in ’n pantservoertuig by die Suid-Afrikaanse Weermag se uitstalling geklim. Hy het egter sy balans verloor en in die ruim van die voertuig beland. Sy kop het luidens berigte ’n metaalplaat getref. Die uitstalling was deel van die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat op Oudtshoorn plaasvind.

Volgens kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Suid-Kaap, hanteer die weermag die voorval.

Josh is na die voorval na die Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai geneem. Hy het vanoggend aan sy beserings beswyk.

Bronne: arrivealive.co.za, oudtshoorncourant.com