Teen Vrydag, 27 Mei was daar reeds een persoon wat as gevolg van die vloede gesterf het, terwyl ’n verdere drie as vermis aangegee is.

Een van die vermiste drie was ’n 21-jarige pa van Texas, Darren Mitchell. Hy het reeds op 26 Mei sy familie laat weet hy’s vasgekeer deur vloedwater net buite Brenham. Deur die loop van Vrydagoggend het familie Darren se omgekeerde bakkie in die water gevind naby die 105-snelweg. Hy was nie in sy bakkie nie. “Ek wil my kleinseun hê. Ek wil my hand op hom sit. Ek wil weet hy is hier by my,” het sy ouma, Roberta Washington, aan KHOU gesê. Op 28 Mei was daar nog steeds diegene wat gehoop het dat hy nog gevind sal word.

Maar Darren het nie oorleef nie.

’n Ooggetuie, Lashandoe Smith, vertel hoe sy Darren in en uit sy bakkie sien klim het.

Dié beeldmateriaal vertel van die krag van die storm, asook die tragiese tonele wat daarna afgespeel het.

Bronne: cbsnews.com, metro.co.uk, khou.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder