Die ongeluk het in die hoofstraat van Letsitele in Limpopo (sowat 30 km suid van Tzaneen) plaasgevind.

Volgens ER24 het die bakkie op sy sy gelê met die man onder die agterkant van die voertuig vasgekeer.

Met paramedici se aankoms op die toneel was die man reeds dood weens sy beserings.

Die bestuurder van die bakkie het geen beserings opgedoen nie.

Die polisie was op die toneel en is steeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.