’n 28-jarige man van Port Shepstone is dood in sy bed aangetref en paramedici vermoed ’n slang het hom dalk gepik.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het in ’n verklaring gesê die nooddiens was net na 11:00 Dinsdagoggend na ’n huis in Bereastraat ontbied.

Die man het op sy maag gelê en het nie gereageer nie.

“Ná die paramedici hom ondersoek het, het hulle op twee gaatjies in sy hand afgekom. Dit stem ooreen met die van ’n slangbyt.”

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie gaan ’n geregtelike doodsondersoek uitvoer.