Toe hy aanhoor hoe 'n groep tieners 'n bejaarde in sy tuisdorp se huis uitkryt as "die lelikste huis wat hulle nog gesien het," was die 35-jarige Josh Cyganik van Oregon in Amerika so aangedaan dat hy besluit het om moue op te rol en self in te gryp.

Josh het aan BuzzFeed vertel dat die huis se eienaar, die 75-jarige Leonard Bullock, die tieners duidelik ook gehoor het en hartseer sy kop laat sak het toe hy die nare aanmerkings gehoor het.

"Ek is geleer om volwassenes te respekteer," het Josh vertel.

"Daardie man het nie dit verdien nie - ek moes iets doen." Daarom het hy 'n pleidooi op Facebook gerig waarin hy mense vra om hom te help. Sy inskrywing is meer as 6000 keer gedeel en hy het boodskappe uit alle oorde gekry waarin vrywilligers hul hulp aanbied. Kort voor lank het hy skenkers vir verf gekry en oorgenoeg hande om die huis 'n oormaaksessie te gee. En kyk net hoe pragtig lyk Leonard Bullock se huis nou!

Bronne: Twitter, BuzzFeed