’n Jong Pakistanse man is oorlede nadat hy onder sy huis in ’n tonnel van 15 m vasgekeer is. Muhammad Zeeshan (19) van die stad Multan het dié tonnel op advies van ’n fortuinverteller gegrawe, nadat dié aan hom gesê het daar is skatte onder die huis begrawe. Sy pa, Muhammad Mustafa, het aan polisie gesê sy seun was werkloos en dat die gesin swaargekry het.

“Ongeveer vier jaar gelede het ’n fortuinverteller aan my seun gesê ’n goue skat is onder ons huis versteek. Die fortuinverteller het gesê ’n Sikh-gesin het die goud in 1947 daar versteek.”

Muhammad het gesê hulle het almal versigtig begin grawe, maar niks gekry nie. Vir die laaste drie maande voor sy dood het Zeeshan dag en nag gegrawe voor dit Saterdagaand op hom ingetuimel het.

Bronne: Sapa-DPA, zeenews.india.com