[caption id="attachment_107319" align="alignnone" width="479"]Bron: Facebook Bron: Facebook[/caption]

’n Brandweerspan van Bankstown, ’n voorstad van Sydney, het gister foto’s van die voorval op hul Facebook-blad gedeel.

Hulle erken dit was een van die mees ongewone reddingspogings wat hulle nog ooit moes uitvoer. “Toe ons daar aankom, is die span ingelig die pasiënt se bene sit al vir drie ure in die wasmasjien vas,” het hulle op hul Facebook-blad geskryf.

[caption id="attachment_107320" align="alignnone" width="476"]Bron: Facebook Bron: Facebook[/caption]

“Dit was baie interessant, want ons het nog nooit iemand uit ’n wasmasjien gered nie.”

Tydens die uitmergelende reddingspoging moes die hele wasmasjien stelselmaties uitmekaar gehaal word. Die man is uiteindelik ’n uur later bevry en hospitaal toe geneem as ’n voorsorgmaatreël.

[caption id="attachment_107321" align="alignnone" width="475"]Bron: Facebook Bron: Facebook[/caption]

Dit is onduidelik hoe die jong man, wat outisties is, in die wasmasjien beland het.

Bronne: news.com.au; Herald Sun