’n Ma (19) wie se 16 maande oue seun gesien is waar hy langs die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit gedwaal het, word aangekla van poging tot moord en kinderverwaarlosing. Sy is Dinsdag by die landdroshof in Vereeniging op borgtog van R500 vrygelaat terwyl haar kind in ’n plek van veilige bewaring is, sê die woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, Busaphi Nxumalo.

Sy is twee weke gelede in hegtenis geneem nadat haar 16 maande oue seuntjie amper deur ’n lorrie omgery is terwyl hy langs die snelweg gestap het.

Verkeerspolisie wat die N1 gepatrolleer het, het omstreeks seweuur ’n lorrie sien uitswenk en het toe die seun langs die snelweg sien stap.

Die polisie vermoed die seun is daar gelos omdat daar geen huise naby is nie.

Die vrou gaan na verwagting op 20 Mei in die hof verskyn.

-Sapa