.

’n Oënskynlik-rustige uitstappie na ’n kinderpark het byna in ’n tragedie ontaard toe ’n kleuter binne reikafstand van ’n jong leeu verbygeloop het.

Dit was ’n absolute bestiering dat die leeu aan ’n paal vasgeketting was en nie sy mensprooi nog verder kon beseer nie.

Die kleuter se ma het net so vinnig reageer en die leeu die stryd aangesê. Dit wil voorkom asof die kleinding se jas die ergste spit afgebyt het en dat beide ma en kleuter ongedeerd hiervan afgekom het.

Die voorval het na bewering in Dagestan, Rusland plaasgevind.

BRONNE: MailOnline, YouTube