Die jong Amerikaner is Sondag oorlede op 18-jarige ouderdom ná ’n lang stryd teen ’n seldsame soort beenkanker, maar sy liedjie oor sy ervaring, “Clouds”, is al meer as 4,6 miljoen keer op YouTube gekyk en was die afgelope week boaan die iTunes-lys vir topverkopers.

Zach het dié liedjie in Desember 2012 uitgereik, ses maande nadat hy gehoor het hy het minder as ’n jaar oor om te lewe. Die lirieke vertel die verhaal van sy kankerstryd: “We’ll go up, up, up / But I’ll fly a little higher / We’ll go up in the clouds because the view is a little nicer / Up here my dear. / It won’t be long now, If only I had a little bit more time.”

Die geld wat met die liedjie gemaak is, gaan aan die Zach Sobiech Osteosarcoma-fonds wat help met navorsing oor die siekte wat Zach se lewe beëindig het.

Sy familie het in ’n verklaring ná sy dood gesê: “Ons wil graag dankie sê aan dié mense wat met hul hart geluister het en Zach gehelp het om sy boodskap en musiek oor te dra.”

In ’n dokumentêre prent wat ’n paar maande voor sy dood vervaardig is, sê Zach: “Ek wil hê almal moet weet jy hoef nie uit te vind jy gaan dood voor jy kan begin lewe nie.”

Wat ’n inspirerende jong man!

Bron: Hollywoodlife.com

-         Suzaan Hauman

Kyk die video: