Die jong, blonde sportaanbieder se gesig vertrek van pyn en die trane rol oor haar wange terwyl sy in die hof getuig oor die skandaal wat haar lewe verwoes het.

[caption id="attachment_119179" align="alignnone" width="600"]Erin Andrews is onwetend in haar hotelkamer afgeneem. Erin Andrews is onwetend in haar hotelkamer afgeneem.[/caption]

“Ek het net vir my pa oor die telefoon geskree ek is naak oor die hele internet en ek weet nie eens wat dit is nie!” het Erin Andrews, ’n gewilde sportaanbieder vir die Amerikaanse uitsaaier Fox, Maandag in ’n hof in die Amerikaanse deelstaat Tennessee getuig.

“My pa wou weet hoekom skree ek so. Hy het gedink ek was in ’n motorongeluk . . .”

Erin dagvaar die Marriott-hotel in Nashville vir die enorme bedrag van R1,2 biljoen nadat sy in 2008 heimlik verfilm is terwyl sy aangetrek het. Dié video van haar is oor die internet versprei en is volgens ’n wetenskaplike rekenaarontleder, wat ook in die saak getuig het, al meer as 17 miljoen keer gekyk.

“En nou is ek die meisie met ’n hotelskandaal,” het sy huilend getuig oor die trauma wat sy steeds nie kan oorkom nie. Elke dag maak mense steeds aanmerkings op sosiale media daaroor.

Erin het in daardie stadium nog vir die televisiekanaal ESPN gewerk en was reeds alombekend.

Lees ook: Hier is hoe jy sulke soepel armspiere soos die Hollywoodsterre kan kry

Michael David Barrett (toe 46), die man wat daaragter gesit het, is destyds aangekeer en het net twee en ’n half jaar tronkstraf vir die oortreding uitgedien. Michael was ’n versekeringsdirekteur toe hy vir Erin oor verskillende stede agtervolg het.

Hy sou rondbel en uitvind in watter hotel sy tuisgaan.

Hy het in sy verhoor erken sy was in sy visier omdat sy bekend was en hy gedink het hy sou baie geld met so ’n video kon maak.

Michael het die dag in ’n kamer langsaan haar gebly. Hy het ’n gat deur die hoteldeur gemaak. Toe hy hoor sy gaan stort het hy sy selfoon oor die gat geplaas en die video geneem terwyl sy aantrek..

Die afloerder het dit aan die skinderwebtuiste TMZ probeer verkoop, maar hulle het nie belanggestel nie. Hy het dit toe in elk geval aanlyn plaas. Dit is toe dat ’n vriendin Erin bel en haar inlig. Al het sy dit nog nie gesien nie, het sy dadelik besef hoe erg dit is en haar ouers gebel.

Lees ook: Sal suikerbelasting Suid-Afrikaners die vet laat afskud?

Erin het in 2013 in ’n onderhoud met Hollywood Reporter vertel as vroulike sportaanbieder was die fokus van die begin van haar loopbaan af nooit op haar werk of verslaggewing nie. Sy is op blogs name soos “Kantlyn Barbie” of “Kantlyn Prinses” genoem.

Die skandaal het dit net nog moeiliker gemaak om ernstig opgeneem te word.

Kyk hier na ’n opsomming van die saak:

Bron: Washington Post

Ook op Huisgenoot.com

Heldhaftige bulterriër red SA vrou van kobra

Video: Ongelooflike oomblik toe sirkusleeus vryheid in SA tuiste ervaar

Ly jou hond dalk aan depressie?

Dié kat neem beter selfies as jy

Video: Hondjie klap saam op sy gunsteling-liedjie

Internet gaande oor hondjie met draadjies