Dressed by @diesel #MakeLoveNotWalls ? ? @louisagace

A post shared by Tallia Storm (@tallia_storm) on

Die 18-jarige het in 2013 en 2014 agttien maande lank stil-stil met David en Victoria se fotograafseun uitgegaan. Sy was verpletter toe hy haar vir ’n ander meisie los.

Storm, wie se regte naam Natalya Storm Hartmann is, vertel aan MailOnline sy het besef haar eks het met sy lewe voortgegaan toe sy foto’s van hom saam met ’n nuwe liefde sien.

Haar ma, die reklameghoeroe Tessa Hartmann, het haar aangemoedig om haar hart in die lirieke van haar liedjies uit te stort. Tallia het dit in Still in Love gedoen.

“Jou eerste liefde is altyd so dramaties,” het sy aan MailOnline gesê. “My ma het gesê ek moet afkoel. Almal dink hul eerste liefde is die een. Ek het my hart in my liedjies uitgestort. Ek het pas 18 geword en is op ’n gelukkige plek in my lewe. Ek is ’n oop boek.

“Dit is waaroor Still in Love gaan: Jou eerste liefde. Jy dink hy is die regte een (en) dan is dit nooit die feëverhaal wat jy verwag het nie.”

Die sangeres het laaste gelag toe sy haar eks uitgestoot het nadat hy voortgegaan het om met die Franse model en aktrise Sonia Ben Ammar, en ook met Chloë Grace Moretz, uit te gaan. Hy het haar in Februarie verlede jaar by die Brit-prysseremonie in Londen genader.

“Ek het Brooklyn agter die verhoog gesien by die Brit’s,” het sy onthou. “Dit was ’n belangrike aand vir my. Hy het probeer om met my te praat, maar ek is so klaar daarmee. Hy is baie dramaties.

“Ek voel baie mense kon die ys tussen ons raaksien. Nou gaan ek met mans uit; nie seuntjies nie. Dis waar, bemindes kan nie vriende wees nie.”

Sy het egter goeie herinnerings aan die tyd dat sy saam met Brooklyn se ouers deurgebring het.

“Sy pa het hom gewoonlik by my huis afgelaai en ek het na syne gegaan. Ek het baie respek vir sy pa en ma.”

© Cover Media