Joe en Nick Jonas is superbly dat hul broer pa gaan word en kan nie wag om ooms te wees nie.

Kevin Jonas, die oudste van die broersgroep Jonas Brothers, en sy vrou, Danielle, het vandeesweek aangekondig hul eersteling word later vanjaar gebore. Hulle is al drie en ’n half jaar getroud.

Joe (23) het getwiet: “Kan nie verduidelik hoe opgewonde ek hieroor is nie. Ek gaan oom word! Baie geluk, @kevinjonas en @daniellejonas!”

Hy het later ’n sonarfoto gedeel van ’n baba wat uit ’n Starbucks-beker drink en geskryf: “So bly ek gaan oom word.”

Nick (20) het op sy beurt getwiet: “Kan nie wag om die jongste lid van die Jonas-familie te verwelkom nie. Baie geluk aan my broer.”

Kevin (25) het voorheen verklap al is hy opgewonde oor pa word, is hy ook ’n bietjie senuagtig.

Hy het gesê: “Ek is in die wolke. Dis die opwindendste ding nog in my lewe. Ek is opgewonde en senuagtig.”

Kevin en Danelle het die kwessie van kinders gereeld op hul werklikheidsprogram, Married to Jonas, bespreek en ook verklap die familie het druk op hulle begin plaas.