Die akteur en model het tussen 1994 en 1997 uitgegaan.

Hulle probeer mekaar glo in die openbaar vermy omdat Kate baie ontsteld was nadat hul verhouding destyds verbrokkel het. Die sterre kon egter nie vir Paul McCartney (71) nee sê nie, berig Vanity Fair. Al is dit net klein rolle, is dit die eerste keer sedert hul die verhouding geëindig het dat die twee saam op die skerm gaan verskyn.

Ander sterre wat glo in die musiekvideo gaan verskyn, is Meryl Streep (64) en Gary Barlow (42). Queenie Eye is ’n snit op Paul se album New, wat vandeesweek uitgereik word.