Die aktrise het aansoek gedoen om hul huwelik van een jaar te beëindig, onversoenbare verskille as rede aangevoer en vir onderhoud gevra. Die paartjie is in Februarie verlede jaar getroud, net ’n jaar nadat Johnny vir Amber die jawoord gevra het.

Volgens die hofdokumente het Johnny en Amber se paadjies op 22 Mei geskei, twee dae ná die ster van Pirates of the Caribbean se ma oorlede is.

Lees ook: George Clooney koer oor sy verhouding met Julia Roberts

Die aktrise, wat haar toekomstige man op die stel van die 2011-fliek The Rum Diary ontmoet het, was nie aan Johnny se sy toe hy voorbrand gemaak het vir sy nuwe fliek, Alice Through the Looking Glass, wat Vrydag in Suid-Afrika begin draai nie. Die egskeiding kom as ’n skok. By ’n vertoning van die fliek in Hollywood vroeër vandeesweek het hy vrae oor waar sy vrou is, afgemaak en gesê sy werk.

Dit was Amber se eerste huwelik. Johnny was voorheen getroud met sy jeugliefde, Lori Anne Allison, van 1983 tot 1986. Hy was ook in ’n lang verhouding met die Franse aktrise, model en sangeres Vanessa Paradis, die ma van sy twee kinders – Lily en Jack.

Lees ook: Uiters tragiese nuus vir Susan Sarandon

Albei akteurs het ’n moeilike paar maande agter die rug – behalwe die egskeiding en Johnny se ma se dood, is hulle ook in Australië deur ernstige aanklagte in die gesig gestaar nadat Amber hul honde, Pistol en Boo, sonder die nodige dokumente in die land ingesmokkel het.

Amber is voorwaardelik op een maand se goeie gedrag vrygelaat, sonder skuldigbevinding, nadat sy skuldig gepleit het. Die paartjie moes ook ’n ongemaklike video oor Australië se kwarantynwette as deel van hul straf opneem.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ouers se agt jaar lange stryd met Binnelandse Sake oor hul kind se identiteit

Marco Spaumer verklap wat deur Tim se kop gegaan het tydens daai skokkende Suidooster-oomblik

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

Omgekrapte vrou vermorsel peperduur Jaguar met haar peperduur Range Rover

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!