Dis sowat 233 000 boetes per maand.

Die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) se jaarverslag dui daarop Johannesburgse verkeersbeamptes het van 1 April 2012 tot  31 Maart vanjaar 2 829 626 boetes uitgereik. Dit is meer as drie keer die getal boetes wat in dieselfde tydperk in Pretoria uitgereik is.

Johannesburgse verkeersamptenare het 224,91 persent (of 1 958 740) meer boetes as in die vorige boekjaar uitgereik. Die totale bedrag van dié boetes beloop R1,925 biljoen, maar slegs 7,44 persent hiervan is betaal.

Sowat 60 persent van oortreders is met behulp van spoedkameras gevang. Verkeersbeamptes het meer as ’n halfmiljoen boetes op die toneel aan oortreders uitgereik.

Bron: News24.com