Hoofsuperintendent Wayne Minnaar het gesê die ma en seun is met twee onwettige vuurwapens en dagga met ’n geskatte waarde van R1 400 betrap. Die seun word ook met ’n moord verbind.

Volgens Wayne is die paar aangekeer ná ’n wenk ontvang is.

Die 36-jarige seun word reeds ’n geruime tyd gesoek in verband met ’n moord in Ennerdale waar wetstoepassers sy .357-rewolwer, nog ’n vuurwapen en dagga gevind het.

Wayne het gesê die 56-jarige ma en haar seun gaan aangekla word vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, dwelms, sowel as ’n afsonderlike moordklag vir die seun.

Bron: News24