“Die bedoeling was dat die vergruisde klip verwyder word. Ongelukkig is dit op die dak opgegaar. Die oormatige lading het gevolglik die instorting veroorsaak.”

Op 2 Maart 2017 het vyf mense geringe beserings opgedoen toe ’n deel van die dak naby die hospitaal se hoofingang instort.

Werkers van ’n privaat onderneming was toe besig om ’n lekkende seksie van die dak te herstel.

“Die kontrakteur was nalatig in hoe hulle hul werk uitvoer. Hulle moes die vergruisde klip van die dak verwyder het. Pleks van die klippe van die dak verwyder, het hulle die klippe laat ophoop.”

Hy het gesê die kontrakteur moes geweet het die spesifieke gewig kan nie deur die struktuur gedra word nie en dit was hul verantwoordelikheid om die projek veilig uit te voer sonder skade aan die eiendom.

“Die skade wat veroorsaak is en die mense wat beseer is, word in ’n ernstige lig beskou.”

Mamabolo sê diegene wat vir die instorting verantwoordelik was, sal aanspreeklik gehou word.

Hy sê die voorval het daartoe gelei dat die departement hersien hoe hy kontrakteurs aanstel.

Mamabolo sê hy het die verslag gelas ná die instorting op 2 Maart.

Hy het ’n verslag van die spesialisprokureurs Adams & Adams op 4 April ontvang. Volgens die infrastruktuurdepartement se webtuiste wil die regering van Gauteng R42 biljoen oor die volgende drie jaar aan sosiaal-ekonomiese infrastruktuurprogramme bestee.

Kort ná die instorting het twee anonieme bronne aan News24 gesê ’n ander gedeelte van die hospitaal, ’n tandheelkundige kliniek wat deur die Universiteit van die Witwatersrand bestuur word, is afgesper, want ’n deel van die plafon, wat in Januarie ingeval het, is nog nie herstel nie.

Bron: News24