Hy het deur gevaarlike strome geswem en selfs diefwering met sy kaal hande oopgebreek om die mense te red. Vir sy heldedaad is Avi as Netcare 911 se versorger van die jaar benoem.

“Die benoemdes is individue wat uitgestaan het en verder as hul plig gegaan het om die publiek wat hulp nodig gehad het, by te staan en vir hulle om te gee,” sê Craig Grindell, Netcare 911 se hoofbedryfsbeampte. Lees ook: 21 ongelooflike foto’s en video’s van fratsvloede Avi is ? paramedikus by die Netcare in Linksfield waar van die ergste oorstromings plaasgevind het.

Op die dag van die gebeure was Avi op pad terug hospitaal toe nadat hy na mense omgesien het wat in ? motorongeluk was. Hy kon nie weer terugkom by die hospitaal nie weens al die paaie wat oorstroom het.

Hy het op ? angsbevange man afgekom wat vir hom gesê het sy vrou en kinders is in ? nabygeleë kompleks in hul huis vasgevang.

Lees ook: Motoris se lyk gevind ná hy op pad werk toe in Pretoria-vloede wegspoel

“Met die hulp van ? goeie Samaritaan het Avi dit reggekry om twee vroue en ? hond uit hul huis te red. ? Tweede huis in die kompleks was ? groter uitdaging vir Avi,” vertel Craig.

? Vrou en vyf kinders was in die huis vasgevang. Avi het die diefwering oopgebreek om by die mense uit te kom en hulle uit die vloedwaters gered.

“Avi het dapperheid en onbaatsugtigheid getoon,” sê Craig.