Die bekroonde Hollywood-aktrise Jodie Foster is die afgelope naweek stil-stil getroud met haar meisie van byna ’n jaar, Alexandra Hedison, berig cnn.com.

Dit volg net ’n jaar nadat die tweemalige Oscar-wenner tydens verlede jaar se Golden Globes vir die eerste keer in die openbaar oor haar seksualiteit gepraat het.

Hoewel geen inligting oor die troue bekend is nie, het Jodie die nuus deur haar woordvoerder aan abcnews.com bevestig.

Die media het in September verlede jaar bespiegel Jodie (51) en Alexandra (44) is in ’n verhouding; bronne na aan die twee het gesê hulle is “dolverlief”.

Alexandra, ’n aktrise en fotograaf, was voorheen in ’n verhouding met die komediant en geselsprogramaanbieder Ellen DeGeneres.

– Christiaan Boonzaier