Joan Rivers, die komediant met die skerp tong, kon net so goed die spot dryf met haarself as met ander.

Sy is Donderdag in die ouderdom van 81 oorlede.

Hier is vyf pittige goed wat sy kwytgeraak het:

  1. “Ek wens ek het ’n tweelingsuster gehad sodat ek kon  weet hoe ek sonder al die plastiese chirurgie sou lyk.”
  2. “My liefdeslewe is soos ’n stuk Switserse kaas –  nie alles is daar nie, en dit wat wel daar is, stink.”
  3. “Alle babas lyk soos Renée Zellweger wat teen ’n glasvenster vasgedruk word.”
  4. “Die mense wat vir die Oscars stem, is so oud. Ek het nog nie een stemmer met ’n tampon in haar handsak gesien nie.”
  5. “Ek hou van ’n kolonspoel, want soms spoor ’n mens ou juwele op.”