Joan Collins is bekommerd oor gewrigte wat kraak.

Die 80-jarige aktrise neem gereeld vitamien C-tablette en ander aanvullings om te verseker sy vermy heup- en knieprobleme wat met ouderdom gepaardgaan.

Sy het verduidelik: “Ek sweer by Rexodon, ’n vitamien C-bruistablet, wat ek elke dag neem. Ek het baie vriende wat sukkel met hul heupe en knieë – soos Liza Minelli, wat ek al jare ken – dus neem ek vloeibare MSM (’n natuurlike swaelaanvulling), en ek hou duim vas dat ek nie krakende gewrigte het nie.”

Joan wil ook graag haar figuur behou, maar hou nie van oefen nie en het min tyd om fiks te bly.

Sy het bygevoeg: “Ek is baie gelukkig dat ek fiks is. Ek probeer drie maal ’n week oefen, maar ek is in die laaste tyd hopeloos te besig. En ek geniet dit glad nie; trouens, ek haat dit.”

Die Dynasty-aktrise beoog om voluit te leef, en toe sy 50 word, het sy begin dink oor hoeveel tyd sy oorhet.

Sy het aan Brittanje se HELLO! Magazine gesê: “Jy moet die lewe verorber, anders gaan dit jou verorber. Ek dink jy besef eers ná 50 hoe kort die lewe is. Dank dink jy aan hoeveel tyd jy oorhet. Ek gaan die lewe aangryp en alles doen wat ek wil.”