Die romanskrywer het op 19 September op 77-jarige ouderdom haar stryd teen borskanker verloor, en die gedagte aan die vakansietyd is veral vir Joan ’n uitdaging, aangesien sy reeds planne beraam het wat haar suster insluit.

“Sy het my sowat twee weke voor haar dood gebel en gesê sy het dit (kanker), maar sy veg daarteen en kry behandeling,” het Joan onthul in ’n eersdaagse episode van The Jonathan Ross Show, wat Saterdag (7 November) in Brittanje uitgesaai word.

“Ons het beplan om, saam met al ons baie kinders, Hawaii toe te gaan.”

“Alles was in ’n waas gehul"

Joan gee toe dis steeds swaar om oor haar suster se dood te praat, en sy voeg by: “Alles was in ’n waas gehul . . . Ek probeer steeds om dit te verwerk, en wanneer ek oor die hele ding dink, vind ek dit baie moeilik om dit te begryp.

“Die feit dat sy in LA gewoon het en ek die meeste van die tyd in Europa is, beteken dat ek, wanneer ek aan haar dink, net dink: ‘O, sy is in LA; ek gaan haar binnekort sien.’”

Alhoewel Joan steeds oor haar suster se dood treur, probeer die 82-jarige ster van Dynasty alles in haar vermoë om Kersplanne te maak, ten spyte van haar gebroke hart.

Die aktrise sien uit na die tyd saam met familielede, aangesien sy glo dat hul teenwoordigheid haar beter sal laat voel.

“Ons gaan 'n groot Familiekersfees hê,” het Joan gesê en moedig geglimlag. “Die hele familie kom Londen toe: my broer, Jackie se kinders en kleinkinders, my kinders en kleinkinders.

“Dit gaan massief wees. Daar is baie van ons.

“Hazel, my skoonsuster, sal die kookwerk doen, want sy het ’n yslike groot eetkamer, en dan gaan ek op die 26ste ’n poging aanwend om iets te doen.”

© Cover Media