Die Top Billing-aanbieder en gewese Mej. Suid-Afrika Jo-Ann Strauss is swanger.

Daar loop nou al weke gerugte dat die skoonheid, wat getroud is met Michael Held, ’n Duitse ortopediese chirurg, haar eerste kind verwag. En sy het pas die nuus bevestig. “Jy weet mos hoe ek en manlief oor ons privaat lewe is,” het sy in ’n e-pos gesê. “Ek kan net sê ons is baie bly.”

Oplettende kykers het die afgelope weke opgemerk Jo het ’n klein boepie. Die 32-jarige skoonheid het twee weke ’n Instagram-kiekie geplaas van haar in ’n pragtige rok deur die Durbanse ontwerper Gideon terwyl sy ’n insetsel vir Top Billing skiet.

’n Volgeling het gevra: “Jo, is jy swanger? Ek het gedink ek het daar ’n boepie gesien.”

Nog ’n wakker aanhanger op Facebook het snuf in die neus gekry nadat sy Jo se onlangse onderhoud met die akteur Texas Battle van The Bold and the Beautiful in Kaapstad gesien het en haar op Facebook gevra of sy swanger is. Maar Jo het nie op enige van die gerugte gereageer nie.

Die borrelende TV-aanbieder en Michael, wat ook ’n model is, is baie privaat. Hulle is verlede jaar getroud. Michael kom van München en Jo praat vlot Duits. Die egpaar woon in die Kaap.

Jo-Ann, wat in Blackheath op die Kaapse Skiereiland grootgeword het, het vroeër vanjaar aan die Sunday World gesê sy het liefdevolle kinderjare gehad. “Ek het ’n rooi fiets gehad en my broer ’n bloue. Ons het deur die strate gery en gedurig buite gespeel. Ek wens meer kinders kon ’n kleintyd soos ons s’n ervaar: Ons was ryk aan liefde en geseënd met ouers wat ons ondersteun het.”

Wel, ons weet sy sal ’n wonderlike ma wees!

So het ons Jo se swangerskap raakgesien . . .

Jo is met losser rokke op die program opgemerk.

Jo-Ann1

Is dit ’n boepie wat ons sien?

Jo-Ann2

Ons het haar op een van haar Instagram-kiekies sien smul aan ’n burger, tjips en aarbeimelkskommel saam met haar medeaanbieder Janez Vermeiren. Kosluste, Jo?

Jo-Ann3

Die gelukkige paartjie: Jo by haar man.

Jo-Ann4