Oor haar langafstandverhouding met haar kêrel Nicholas Hoult: “Wanneer ons besig is, kom ons ooreen om mekaar te ignoreer. Nie heeltemal nie, maar niemand raak kwaad wanneer die ander een nie boodskappe beantwoord of bel nie. Die lewe is te besig. Natuurlik weet jy wat jou maat doen en jy vertrou hom. Ten minste is hy in dié opsig in dieselfde bootjie as ek: Ons kan uitgaan en weet ons het ons eie lewe, maar ons het steeds mekaar.”

Oor gerugte dat die glyery by die Oscars beplan was: “Ek probeer reg optree, waai vir aanhangers, probeer vriendelik wees en dan is daar ’n verkeersknoop. ’n Oomblik later het ek gelag en dink: Hulle gaan dink ek gee net voor. Maar glo my, as ek dit sou beplan het, sou ek dit by die Golden Globes of SAG-pryse gedoen het. Ek sou dit nooit by twee Oscar-geleenthede agtereenvolgens gedoen het nie. Ek kyk Homeland; ek is kreatiewer as dit!”

Oor roem: “Ek is baie meer teruggetrokke en waarskynlik onbeskof. Ek bedoel, ek kom van Kentucky. Ek was altyd baie innemend en het oogkontak gemaak en vir mense geglimlag, maar deesdae kyk ek net afgrond toe. Wanneer ek uiteet en mense onderbreek wil gedurig ’n foto neem, voel ek ek kan nie so lewe nie.”

Oor gerugte dat sy jaloers is op Kristen Stewart: “Daar was iets in ’n tydskrif en ek het net gedink: Sjoe, dis vreksnaaks, want ek en Kristen is vriendinne. Ek het vir haar ’n foto ge-SMS daarvan net sodat sy kon weet dis heeltemal waar.”

Bronne: justjaredjr.com ; marieclaire.com