Daardie oulike speelgoedjies pryk waarskynlik nog teen verskeie oppervlakke in jou huis.

A photo posted by izanekwaiki (@cheekyice) on


En nou kan jy nog byvoeg! Jippie! Ná die sukses van hul eerste Stikeez-veldtog het Pick n Pay pas aangekondig ’n hele nuwe span van 24 van dié piepklein plastiekbeeldjies sal binnekort by hul betaalpunte beskikbaar wees.

A photo posted by Kyra Fletcher (@kyra_megz) on
En dié keer is hulle monsters uit die dieptes! Met hul laaste veldtog het klante ’n Stikee gekry vir elke R150 wat hulle spandeer het. Hierdie keer sal klante weer soveel moet opdok. Ses van die nuwe Stikeez is ook spesiaal siende dat dit in die donker gaan skitter.

A photo posted by Michael Owen (@michaelowenza) on

Die kleinhandelaar het verlede week aangekondig in die afgelope ses maande was daar ’n 23,1 persent verbetering in winste, berig eNCA, grotendeels danksy die “suksesvolle Stikeez-veldtog”.

A photo posted by Amesh (@amesh7) on

Dit volg op die hakke van die supermarkkettinggroep se Super Animal-kaartprojek en Checkers se gewilde Little Shop.