DIE Puma-afrigter, Jimmy Stonehouse, beleef ’n besonderse week. Eers is sy stiefseun, Gert van Schalkwyk van die Waterkloof-vier, op parool vrygelaat, en gisteraand is hy aangewys as die afrigter van die jaar en sy span as die span van die jaar.

Jimmy en die Pumas is vir prestasies in die 2013-seisoen vereer tydens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se prysuitdeling in Gold Reef City, Johannesburg.

[caption id="attachment_67292" align="aligncenter" width="600"]Foto: Instagram Foto: Instagram[/caption]

Die Bokkaptein, Jean de Villiers, is aangewys as die beste speler van 2013. Hy is dalk ’n bietjie oud vir rugby, maar nog glad nie koud nie, het Jean gespog. Jean (29) het dié prys ook in 2008 gewen. “As jy nog goed genoeg is, is jy jonk genoeg,” het hy in sy wen-toespraak gesê.

Jean is ook vereer vir verlede jaar se beste drie, maar het met grasie dié prys opgedra aan sy spanmaats wat saam met hom in die wedstryd gespeel het. Hy het dit in Cardiff teen Wallis gedruk.

Kyk hier na ’n video van die nominasies vir Drie van die Jaar. Jean s’n is by 0:50.

Die jong heelagter Willie le Roux is deur sy spanmaats gekies as die spelers se speler van die jaar.

[caption id="attachment_67293" align="aligncenter" width="600"]Willie le Roux saam met die sanger Jay by Woensdagaand se geleentheid Willie le Roux saam met die sanger Jay by Woensdagaand se geleentheid[/caption]

Die Stormers se Eben Etzebeth is die tweede jaar agtereenvolgens aangewys as jong speler van die jaar.

Alet van Zyl