Hy dink dis ’n beer.

DNS-ontleding wat deur professor Bryan Sykes van Oxford-universiteit gedoen is, dui op die moontlikheid dat dié kreatuur, wat ook as die Yeti bekendstaan, ’n afstammeling van ’n oeroue ysbeer is.

Twee proefmonsters van hare van twee diere uit die Himilajas, wat volgens plaaslike inwoners Jeti’s is, is met ’n databasis van diere-genome vergelyk. Sykes het bevind dié proefmonsters deel ’n genetiese vingerafdruk met die kakebeen van ’n oeroue ysbeer van Noorweë wat minstens 40 000 jaar oud is.

Dié wesens is nie verwant aan modern Himalaja-bere nie, maar is direkte afstammelinge van die oeroue dier. Volgens Sykes mag dit ’n “nuwe spesie, of ’n cruising tussen ysbere en bruinbere” wees.

“Die volgende stap is om uit te gaan en een te vind.”

Die Jeti of Afskuwelike Sneeuman is een van ’n aantal mites oor aapagtige diere – saam met Sasquatch en Bigfoot – wat na bewering in woudagtige of sneeuagtige bergreekse woon. Wetenskaplikes is skepties, maar vir dekades het ooggetuies, swak foto’s en stories dié legendes aan die lewe gehou.

“Ek dink nie dié (nuwe) studie gee enige troos aan Jeti-gelowiges nie,” het David Frayer, ’n professor in biologiese antropologie aan die Universiteit van Kansas, in ’n e-pos gesê. Maar “geen aantal wetenskaplike data sal ooit hul oortuiging verander nie.” – Sapa.