Deur Kirstin Buick

Dié IT-konsultant van die dorp Loxton in Suid-Australië beweer hy is 2000 jaar oud en het “baie duidelike herinneringe” van sy kruisiging.

Hy sê sy lewensmaat, Mary Luck (35), is eintlik Maria Magdalena, wat die ergste deur sy kruisiging geraak is. AJ sê hy onthou alles wat die afgelope twee millennia gebeur het – behalwe hoe om Arabies te praat.

Sy beweging, Divine Truth, het reeds volgelinge gelok, en dit is sy boodskap aan die ongelowiges: Daar was baie mense in die eerste eeu wat nie geglo het ek is die Messias nie . . . ek het aan hulle hande gesterf.”

Kyk hier na ’n onderhoud met Mary en AJ:

Hier is een van “Jesus” se preke. Wat dink jy?

Bronne: thesun.co.uk, ibtimes.co.uk, msn.com