Liewe aarde! Wat as die mannetjie val? Dis die eerste ding wat deur ons kop gegaan het toe ons dié foto op Jessica Simpson (34) se Instagram-profiel gewaar waarop haar man, Eric Johnson, hul 14 maande oue seun, Ace, in die lug op gooi terwyl die twee in ’n swembad baljaar.

[caption id="attachment_4302" align="aligncenter" width="225"]Foto: Instagram Foto: Instagram[/caption]

jessie2

Jessica (34) het die foto van die twee gedeel en gesê: ‘‘Ek was gister op ‘n vliegtuig na die stad New York en het dit gemis! Ek is verlief op dié twee. #seuns bly maar seuns.’’

Die paartjie het in April onder kritiek deurgeloop oor ’n soortgelyke foto waarop Eric (35) hul tweejarige dogter, Maxwell, in die lug gegooi het terwyl hulle op die strand stap. Eric, ’n voormalige Amerikaanse voetbalspeler, se vangskote is egter in die kol. Tog laat die jongste foto van hom en Ace behoorlik die tonge laat klap. “Dis net ‘n bietjie te hoog,’’ het een van haar aanhangers op Instagram laat hoor. “As dit my baba was sou ek flou word! Lmk!’’ Nog een verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie. “Dit lyk of die kind hope pret het’’.

Een ding is seker: Jessica en Eric gee duidelik nie ’n duit om wat ander mense dink nie. Ons reken Eric moet maar eerder die kleingoed los en ’n voetbal rondgooi. Dis baie veiliger!

EKSTRA BRON: TMZ