Jessica Simpson het met Kim Kardashian gesimpatiseer nadat sy vir haar eie gewigstoename met haar swangerskap gekritiseer is.

Die werklikheidster het in Junie aan haar en Kanye West se eerste dogter North West die lewe geskenk, en die Fashion Star-mentor het haar verdedig nadat sy oor haar eie kurwes gespot is.

Jessica, wat ’n dogtertjie Maxwell (15 maande) het, het aan Us Weekly gesê: “Ek het jammer gevoel vir Kim; ek het presies geweet wat sy deurmaak. Ek stuur haar baie liefde en ek weet sy sal met ’n knal terugbons.”

Die 33-jarige sangeres sê sy verstaan nie waarom vroue moet deurloop wanneer hulle met hul swangerskap gewig aansit nie.

“Ek sal nooit verstaan waarom mense vroue se lewe se moeilik maak nie, het sy gesê.

“Ons is besig om ’n menselewe te skep: ek dink ons het elke verskoning in die wêreld om ’n oliebol te eet!”

Jessica het Brittanje se hertogin Catherine geloof omdat sy tydens haar swangerskap met prins George gestraal het, en erken dat sy nie omgee dat sy nie kan help om gewig aan te sit nie.

Sy het gesê: “Kate Middleton het regdeur haar swangerskap gestraal. Baie swanger ma’s het na haar gekyk en gedink: ‘Hoe doen jy dit?’

“Ek is beslis een van daardie swanger vroue wat baie gewig aansit. Ek het regtig groot borste; ek het my kurwes en ek sit net gewig aan.

“Ek kan dit nie help nie. Dis ses weke sedert my seun Ace se geboorte en ek voel goed. Dis reg om gewig aan te sit, en ’n mens verloor dit altyd weer.”