Die aktrise (34) het getwiet: “As gevolg van al die negatiwiteit op Twitter het ek ongelukkig besluit dis nie meer vir my nie. Ek het al die goedhartigheid, liefde en ondersteuning geniet wat ek gekry het, maar het nou ’n blaaskans nodig.”

Jennifer het Twitter-gebruikers ook aangemoedig om die sosiale netwerk nie vir negatiewe dinge te gebruik nie en hulle aangeraai om hul lewens met positiewe dinge te vul.

In ander twiets het sy gesê: “Die lewe moet vol positiewe dinge en ondersteuning vir mekaar wees, nie net ’n spul dreigemente en slegte energie nie. Dankie aan diegene van julle wat dit ’n genotvolle ervaring gemaak het.”

Verlede maand het Jennifer bekendgemaak sy verwag haar eersteling en is verloof aan die akteur Brian Hallisay (34). Hulle het mekaar op die stel van Love Bites ontmoet en het weer saamgewerk aan The Client List.