Die Dance Again-sangeres het teruggekap nadat ’n Britse plastiese chirurg, dr. Ayham Al-Ayoubi, gesê het daar is “baie tekens” dat sy aan haar gesig laat werk het.

Die 44-jarige ster was glad nie beïndruk met sy mediese mening nie en het getwiet: “@DrAyoubi, jammer, Meneer, maar ek het nog nooit enige soort plastiese chirurgie gehad nie. #fact.”

Die aktrise het gereageer op die Londense dokter se stelling nadat hy foto’s van haar gepubliseer en daarby geskryf het: “Dié voor en ná-foto’s van @JLo toon baie tekens van

#plasticsurgery – sy is van nature mooi, maar lyk nou ongelooflik.”

Hy het later bygevoeg: “Jy is van nature ’n beeldskone vrou en lyk fantasties, slim grimeertegnieke kan soms haar gelaatstrekke effe verbeter en haar voorkoms verander @JLo.”

Die dokter het egter ná Jennifer en haar aanhangers se reaksie beweer sy assistent sit agter die twiets. Hy het Dinsdag geskryf: “Beste @JLo, ek wonder of jy my opregte verskoning kan aanvaar oor die verkeerde twiet wat my assistent sonder my medewete geskryf het. Ek vra opreg om verskoning aan @JLo en haar aanhangers. Ek wil almal net daaraan herinner dit was NIE ek wat die verkeerde twiet gestuur het nie! Dit was my assistent.”

Jennifer, ’n beoordelaar op American Idol, het onlangs vertel sy het vanaf ’n jong ouderdom geleer om haarself te verdedig omdat sy vroeg in haar loopbaan onder kritiek deurgeloop het weens haar voorkoms en kurwes.

“Jy moet opstaan vir jouself en sê: Daar skort niks met my of my liggaamsvorm of wie ek is nie; jy is die een met die probleem!

“As jy dít werklik glo, begin ander mense dit ook ewe skielik glo.”