Tydens ’n speletjie van Who’d You Rather With met Ellen DeGeneres het Jennifer Lopez onthul sy is mal oor die veel jonger Harry Styles. Die sangeres en aktrise, wat in Las Vegas woon, het verlede Dinsdag ’n tydjie afgeknyp om by The Ellen DeGeneres Show in te loer. Sy het toe onthul sy is ’n bietjie verlief op die voormalige sanger van One Direction. Elke keer dat sy kon kies tussen Harry en sterre soos Nick Jonas (24), Zac Efron (29), Brad Pitt (53) en ander, het sy die 23-jarige Harry gekies.

Al het sy soms vir Lenny Kravitz (52) en Leonardo DiCaprio (42) gekies, het Ellen (59) Harry aan die einde van die speletjie as Jennifer se eerstekeuse-kêrel verklaar.

“O, hy is my kêrel?!” het Jennifer laggend gesê. “Hy’s ’n bietjie jonk vir my!”

 

Die 47-jarige Jennifer het ’n reputasie gekry dat sy van jonger mans hou nadat sy jare lank met haar agtergronddanser Casper Smart (29) uitgegaan het.

Sy is ook onlangs romanties verbind met die rapper Drake (30) nadat hulle saam ’n liedjie opgeneem het, maar J-Lo het die gerugte nekom gedraai dat sy net met jonger mans verhoudings aanknoop. “Oukei, eerstens, hokaai! Ek gaan nie met jonger mans uit nie. Dis nie asof jy jonger moet wees nie. Dit gaan nie daaroor nie,” het sy volgehou. “Ek ontmoet eenvoudig mense, en as ek dan met hulle uitgaan, gaan ek met hulle uit. En as ek van hulle hou, dan hou ek van hulle. En as ek nie van hulle hou nie, dan hou ek nie van hulle nie. “Dit gaan oor die mens. Dit gaan oor wie hy is; dit het niks met ouderdom uit te waai nie.”

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

Jennifer voeg dan ook by: “As daar ’n ouer mens is, is hy ouer. As hy jonger is, is hy jonger. Dit maak nie saak nie . . . Dit gaan net oor die gevoel van aangetrokkenheid al dan nie – aangetrokke tot sy gees, sy siel, sy energie, wat ook al.” Foto’s van haar en Drake wat teen mekaar nestel, is op hul sosialemediaprofiele gelaai, maar sy het dit as onbelangrik afgemaak. Al het sy nie oor hul verhouding gepraat nie, het sy met oorgawe gesels oor hul medewerking.

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

“Hy het vir my die liedjie gestuur waarin hy my wou hê. Dus het ons ’n liedjie saam geskep,” het sy verduidelik. “Ek weet nie wat hy daarmee gaan doen nie, maar, ja!”

© Cover Media