Jennifer Lopez het altyd aan haar sangtalent getwyfel.

Die On The Floor-sangeres erken sy was onseker oor haar sangtalent tot sy haar eks, Marc Anthony, ontmoet het. Sy het toe begin besef sy is ’n suksesvolle wêreldpopster danksy haar talent en nie haar skoonheid nie. Marc is die pa van Jennifer se vyfjarige tweeling, Maximilian en Emme.

Sy het aan die Britse uitgawe van Cosmopolitan gesê: “My grootste onsekerheid was oor my sang. Hoewel ek 70 miljoen albums verkoop het, het ek gevoel ek is nie goed hiermee nie. Terwyl ons getroud was, het Marc my gehelp om dit te oorkom. Hy het my gedurig vertel: ‘Jy is die een wat keer dat jy jou volle potensiaal as ’n sangeres te bereik. Jy moet laat gaan.’

“Ek was altyd so onseker. Toe het ek gegroei, bietjie vir bietjie, en besef, wag ’n bietjie, dis nie ’n geslukskoot nie. Ek is nie ’n fout nie – ek werk my alie af. En ek weet wat ek doen.”

Jennifer (44) en Marc is in Julie 2011 geskei. Sy het sedert Oktober 2011 ’n verhouding met die choreograaf Casper Smart (26).