Luidens berigte wil Jennifer Garner glad nie hê haar kinders moet teleurgestel wees omdat Ben Affleck nie by hulle is nie, maar sy voel dat dit haar te veel “dreineer” wanneer hy by hulle in die huis woon.

Dié voormalige Hollywood-egpaar het aangekondig dat hulle beplan om hul 10 jaar lange huwelik in Junie 2015 te beëindig, maar hulle het sedertdien vriende gebly ter wille van hul kinders, Violet (10), Seraphina (7) en die driejarige Samuel.

Jennifer het selfs haar vervreemde man toegelaat om in die gastehuis van hul huis in Los Angeles te bly, en hoewel dit blykbaar stresvol was vir die aktrise, het dit nie ’n verskil gemaak aan die harmonie tussen haar en Ben nie.

“Sy kom baie meer ontspanne voor en dit lyk asof sy die lewe geniet,” het ’n bron aan die tydskrif People vertel.

Lees ook: Kate Winslet meen haar liefdeslewe is ideale rolprentmateriaal

“Dit is lekker om haar weer gelukkig te sien. Die kinders hou daarvan wanneer Ben tuis is; daarom laat Jen hom toe om in die gesin se huis te bly.”

“Sy wou in geen stadium hê hulle moes teleurgestel wees omdat Ben nie daar is nie. Maar dit het haar emosioneel dreineer.”

“(Ben) handhaaf, ter wille van die kinders, ’n verenigde front van respek vir haar en ook vir hulle twee,” het nog ’n ingeligte bron bygevoeg.

“Ben het nooit in hierdie opsig geweifel nie.”

Aangesien albei dié A-lys-sterre ’n vol program het, met Ben wat tans besig is om sy jongste rolprent, Live by Night, te voltooi, terwyl Jennifer haar nuwe rolprent, Miracles from Heaven, bekendstel, bring hulle blykbaar soveel tyd moontlik as gesin deur.

Lees ook: Mariah Carey beplan nie een nie, maar drie uitspattige troues

Forma Restaurant and Cheese Bar in Santa Monica is glo ’n gewilde uithangplek vir hulle.

“’n Mens kan agterkom hulle woon nie by mekaar nie,” het ’n buitestaander aan People vertel.

“Die kinders vertel hom gewoonlik lang stories oor wat by die skool gebeur het of oor eersdaagse aktiwiteite.”

Hoewel Jennifer en Ben blykbaar nooit weer romanties verbind sal wees nie, het ’n bron ná aan hulle beklemtoon dat die kinders altyd eerste sal kom.

Dit sluit glo gereelde pizza-aande in om ’n gevoel van normaliteit vir hul kroos te skep.

“Hulle doen dit op hul eie manier,” het die bron bygevoeg. “En op die oomblik werk dit vir hulle.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Man met vreemde stokperdjie teel insekte vir ’n lewe

28 sterf ná dodelike motorbom Turkse hoofstad ruk

Staatsamptenaar draai ses jaar lank stokkies – sonder dat iemand dit agterkom

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?