Die aktrise Jennifer Garner dink haar kinders is taamlik neutraal daaroor dat hulle die kroos van bekende ouers is.

Die 43-jarige Dallas Buyers Club-ster het drie kinders by haar vervreemde man, Ben Affleck.

Die twee is verlede jaar uitmekaar ná ’n huwelik van 10 jaar.

Maar dit is nie vir hul kinders traumaties om sterre wat op Hollywood se A-lys is as ouers te hê nie.

“Hulle het ’n begrip van wat wat hul ouers doen om hul brood te verdien en hulle verstaan dit . . . Ons praat net oor die voor- en nadele,” het sy aan Extra gesê.

Die gesin is steeds verenig al staan Jennifer en Ben op skei.

Lees ook: Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding

En Jennifer waardeer steeds die klein dingetjies wat haar eks doen om hul kinders gelukkig te hou.

Sy noem Ben het baie moeite gedoen vir hul seun, Samuel, se vierde verjaardag in Februarie vanjaar.

“Ons het almal kostuums aangetrek. Ek het soos ’n ninja aangetrek en Ben het soos Batman aangetrek vir Sam, wat die beste pa-oomblik in die geskiedenis was,” vertel sy oor die partytjie met ’n superheldtema.

“Dit was baie oulik.”

Dit raak soms vir Jennifer moeilik om ’n huishouding te bestuur terwyl sy ook ’n florerende akteursloopbaan het.

En wanneer haar dag-tot-dag-take haar onderkry, maak die beeldskone ster op haar geliefdes se steun staat.

Lees ook: Garner en Affleck “gee nog om vir mekaar”

“My vriendinne beslis. En hulle is alles. En ek sluit my susters daarby in . . .” het die hoofster van Miracles from Heaven gesê oor wie haar bystaan wanneer sy hulp nodig het.

“Ek dink ek is baie gelukkig dat ek saam met twee susters grootgeword het, want ek maak my vriendinne my susters en ek maak my susters my vriendinne.”

Haar hoofrol in die nuwe Christelike drama Miracles from Heaven het Jennifer na die kerk teruggebring.

Dit is nou vir haar ’n toevlug van die dolle gejaag.

“Ek het kleintyd elke Sondag kerk toe gegaan,” vertel sy aan Entertainment Tonight.

“Terwyl ek aan die rolprent gewerk het, was ek tussen mense waar kerk normaal is; normaler as in Los Angeles.

“Dit het my laat dink: ‘Ek moet hierby betrokke raak’. Toe praat ek met my kinders en hulle sê: ‘Natuurlik is ons reg om te gaan’. Ek sê toe: ‘Oukei, ons gaan Sondag!’ Dit is ’n baie aangename ding vir my gesin.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Is hierdie ook hoe jou jammerlike man reageer as jy hom saamsleep winkels toe?

Derick Hougaard vertel hoekom hy huurders vir sy huis soek

Drie hoera’s vir Bobby en sy Annatjie se nuwe pienkvoet! Raai wat is hul pasgebore dogtertjie se naam?

Gelukkige einde vir ma se nagmerrie

Groot verligting vir droogtegeteisterde gebiede voorspel