Jennifer Aniston sê Justin Theroux het haar laat gewig aansit.

Die We’re the Millers-ster erken haar verloofde “kook wonderlike pastas” en beweer sy “romerige skeppings” het die afgelope paar jaar ’n nadelige uitwerking op haar figuur gehad.

Die 45-jarige aktrise vertel in die nuwe uitgawe van People: “Hallo! Carbonara. Dis gif. Die afgelope paar jaar, vandat ons ontmoet het, het dié man my ’n paar kilo’s laat aansit. Maar dis alles die moeite werd.”

Jennifer gim elke dag en doen ’n driekwartier kardio en 20 minutes joga sodat sy af en toe kan handuit ruk.

Sy verduidelik: “Dit haal jou in en jy doen iets daaraan. Maar dit bly pret. Dis alles ter wille van die liefde.”

Die blonde skoonheid het onlangs erken sy sal nie omgee vir ’n lyf soos die supermodel Gisele Bundchen of die Olimpiese-gouemedaljewenner Lindsay Vonn s’n nie.

Sy het gesê: “Ek sal graag soos ’n mal mens wil kan ski, soos Lindsey Vonn. En ek sal ook graag ’n lyf soos Gisele s’n wil hê, want hoekom nie?”

’n Bron het voorheen onthul die voormalige Friends-ster wil binnekort stilletjies met Justin (42) afhaak, want hulle is keelvol daarvoor om ’n spogtroue te probeer beplan.

Die bron gesê: “Jen sal mense laat uitvlieg na ’n warm plek. Miskien Cabo San Lucas, Mexiko. Sy is mal oor die plek.”