Jennifer Aniston se bruilof was, volgens berigte, “eenvoudig en intiem”.

Voor die troue het hulle dinge dig gehou, maar besonderhede oor die aand het begin uitlek.

“Dit is heeltemal in die geheim gedoen,” het 'n lid van die binnekring aan US Weekly vertel. “net hul naaste vriende is genooi en dit was baie eenvoudig en intiem. Daar is baie gelag en ook baie trane gestort, en alles het in ligte luim geskied.”

Die bron het bygevoeg dat dit meer gevoel het soos 'n gesellige huispartytjie as soos 'n bruilof en dit was heeltemal die teenoorgestelde van Jennifer se eerste troue met Brad Pitt in 2000, wat na bewering $1 miljoen gekos het.

Die seremonie is op die terrein van die paartjie se huis van $21 miljoen gehou. Die dansvloer was na bewering gepak met gaste soos Ellen DeGeneres, Emily Blunt en Jennifer se voormalige medesterre in Friends, Lisa Kudrow en Courteney Cox, wat, volgens berig, tot die heel laaste gebly het.

Jennifer het natuurlik almal se asems weggeslaan. Sy het haar beroemde hare deur Chris McMillan laat stileer. Die pasgetroude paartjie se fotograaf was die vermaarde Terry Richardson, wat ook 'n intieme vriend is, terwyl Jennifer Meyer, Jennifer se boesemvriendin, die trouringe na bewering ontwerp het.

Die aktrise van Marley and Me het alles tot in die fynste besonderhede beplan. Sy het selfs hondeversorgers, voor die seremonie gehuur om te sorg dat haar geliefde troeteldiere op hul beste lyk.

© Cover Media