Jennifer Aniston verstaan nie die aantrekking van sosiale media nie.

Die 47-jarige aktrise is een van net ’n hand vol sterre wat die versoeking weerstaan het om ’n rekening op webtuistes soos Twitter en Instagram te skep. En terwyl haar man, Justin Theroux, gereeld sy aanhangers deur middel van sosiale media op hoogte hou, sal Jennifer nie binnekort sy voorbeeld volg nie.

“Ek dink dit (sosiale media) is regtig steurend,” het Jennifer aan die Press Association gesê. “Die hoeveelheid tyd wat dit mense waarskynlik neem om al daardie goed te plaas, voel baie tydrowend. Dis net nie my ding nie.”

Jennifer het gepraat om haar nuwe rolprent, Mother's Day, te bemark waarin sy teenoor Jason Sudeikis ’n hoofrol speel.

Die 40-jarige akteur is ’n gereelde teenwoordigheid op die internet. Hy sê sy verloofde Olivia Wilde, wat die nuus gehaal het toe sy ’n aanlyn rusie met Justin Bieber gehad het nadat sy hom daarvoor gekritisseer het dat hy sy hemp laat waai het op ’n aand uit, het hom sy siening oor sosiale media help verander.

Lees ook: Jennifer Aniston bevestig tragiese nuus

“Sy is goed daarmee,” het Jason van sy lewensmaat se boodskappe aanlyn gesê. “Dis nie ’n heeldag-, aldag-ding nie. Sy is snaaks. Sy praat oor kwessies.

“Ek sou sê sy het my persoonlike mening daaroor verander. Ek het niks daarteen vir ander mense nie. Hulle kan doen wat hulle ook al wil.

“ ’n Foto met kommentaar by? Maklik. Ek kan dit hanteer. Die moeite maak nie my gevoelens seer nie. Die inhoud? Moontlik. Dis net nie my soort ding nie.”

Olivia het 1,7 miljoen Twitter-volgelinge, terwyl Jason ver agter is met net 46 500.

Mother’s Day is die jongste aanbieding van die Pretty Woman-regisseur, Garry Marshall. Jennifer en Jason is deel van ’n sterbelaaide rolverdeling van onder meer Julia Roberts, Kate Hudson en Shay Mitchell.

Maar dit was die kans om saam met Garry te werk wat Jennifer aanvanklik tot die rolprent aangetrek het.

“Dit was ’n prettige ensemble, ’n wonderlike groep mense betrokke en dit was iets prettigs om van deel te wees,” het sy bygevoeg.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof