Die ster van The Girl on the Train het in die sosiale media kommentaar gelewer op die eersdaagse presidensiële wedloop tussen Hillary Clinton en Donald Trump deur een van die straatkunstenaar Nick Flatt se foto’s te deel.

Op die foto wys ’n vrou middelvinger terwyl sy op die vinger byt en is sy omring deur ’n

verskeidenheid vloekwoorde.

Onder die woorde is “F** politiek, f** imperialisme en f** oorlog”, maar aanhangers het gou-gou kommentaar gelewer op die een wat veral hul oog gevang het: “F** Brad Pitt.”

Waarskuwing: Grafiese inhoud

[caption id="attachment_143627" align="aligncenter" width="600"]Skermgreep van Instagram-foto. Skermgreep van Instagram-foto.[/caption] Justin se inskrywing het ’n bohaai op Twitter veroorsaak met aanhangers wat aangeneem het die ster van die reeks The Leftovers kap na Brad en sy onlangs verbrokkelde verhouding met Angelina Jolie. Brad se romanse met Angelina het begin toe hulle in 2005 in die fliek Mr. and Mrs. Smith gespeel het terwyl Jennifer met die akteur getroud was. Hoewel alle partye nog altyd ontken het dat daar enigiets tussen die twee gebeur terwyl hy met Jennifer getroud was, is die voormalige Friends-aktrise nog altyd as die verwerpte party beskou.

Toe Brad en Angelina dus in September aankondig hulle skei, het talle bespiegel dat Jennifer dalk ’n faktor was en die memes van die aktrise – tonele uit haar flieks en televisiereekse waar sy dolgelukkig lyk – het vinnig versprei.
Jennifer se goeie vriendin Chelsea Handler het egter teruggekap oor bewerings dat haar pel enigsins iets voel oor die egskeiding.
“Dis so simpel en pateties,” het Chelsea aan die tydskrif Grazia gesê. “Asof Jen omgee – dit skeel haar min. Dis nie asof sy rondsit en haar hieraan steur nie.”

A photo posted by @jenniferanistcn on

Chelsea het nog nooit ’n wag voor haar mond geplaas nie en het Angelina ’n “f***** kranksinnige” genoem toe sy op haar Netflix-program, Chelsea, oor een van die vermaakbedryf se groot egskeidings praat.

“Daar is gerugte dat deel van die probleem was dat Brad glo te veel gedrink en dagga gerook het. Ek wonder hoekom hy dit moes doen,” het sy laat hoor.

“Dalk omdat hy die afgelope 12 jaar aan die Como-meer kon deurbring en saam met George Clooney en Matt Damon kon uithang pleks van om vasgekeer te wees in ’n huis met 85 kinders wat 15 verskillende tale praat. O, wag – dis omdat hy met ’n f***** kranksinnige getrou het.”

Kyk die videogreep hier. Waarskuwing: Kru taal.

© Cover Media