Jennifer Aniston se broer gaan die strooijonker op haar troue wees.

Die 44-jarige aktrise en haar verloofde, Justin Theroux, wil trou in hul herehuis in Bel Air, Kalifornië. Sy is van plan om haar motorfietsjaer-broer, Alex, ’n hoofrol op haar groot dag te gee.

Alex, wat AJ genoem word, reis gereeld tussen Los Angeles en Alaska in sy toemotorwa. Hy het ’n hele paar tatoes, soos die woorde Live Free op sy bors.

’n Ingeligte in die familiekringe het aan die National Enquirer gesê: “AJ is presies die soort ou wat veiligheidspersoneel op Jen se troue sal uitgooi. Nou gaan hy reg voor en reg in die middel van die seremonie, wees.

“Justin voel om AJ as sy strooijonker te hê hom ’n anker in die familie sal gee. AJ is ongetwyfeld ’n bietjie vreemd, maar hy het ’n goeie hart en Jen is lief vir hom.”

Jennifer het glo haar groot troue met Brad Pitt in Malibu in Julie 2000 gehaat. “Dit was te groot en baie spannend,” sê die bron. “Sy wil hierdie keer ’n klein familietroue hê. Sy wil ook moeite doen om haar pa te laat sien sy is eindelik gelukkig. Sy weet dit sal hom ook gelukkig maak as sy seun by die troue betrek word.”