Die aktrise van Friends-faam se woordvoerder het onlangs gekap na ’n artikel deur die Amerikaanse tydskrif In Touch Weekly dat Jennifer en Justin se paadjies geskei het nadat hy glo in kontak was met sy eksmeisie van 14 jaar, Heidi Bivens.

Die storie is ’n “totale versinsel” het Jennifer se woordvoerder aan Mirror.co.uk gesê en bygevoeg dat die 47-jarige aktrise nog gelukkig getroud is met haar man van die afgelope jaar.

Die berig kom ná nuus dat Jennifer se eksman, Brad Pitt, en sy vrou, Angelina Jolie, gaan skei.

Jennifer en Brad het in Julie 2000, ná twee jaar saam, getrou maar in Januarie 2005 aangekondig hulle gaan skei. Hul egskeiding is in Oktober daardie jaar gefinaliseer.

Jennifer het in Mei 2011 met Justin begin uitgaan en die twee het die volgende jaar verloof geraak. Hulle het familie en vriende in Augustus 2015 verras toe hulle onverwag by ’n geleentheid by hul huis in Los Angeles afhaak.

Brad en Angelina het in 2014 getrou nadat die paartjie op die stel van die 2005-aksiefliek Mr & Mrs Smith ontmoet het toe Brad nog met Jennifer getroud was.

Angelina en Brad se egskeidingstryd het Dinsdag begin, ’n dag nadat sy onversoenbare verskille as rede vir die egskeiding aangevoer en vir toesig oor hul ses kinders gevra het.

Brad het in ’n kort verklaring gesê hy is “hartseer” oor die nuus en hy en verteenwoordigers vir sy vrou het gevra dat die media die familie privaatheid gun om dit te hanteer.

© Cover Media