Jennifer Aniston meen haar verloofde, Justin Theroux, het “wonderlike ouerskap-instinkte”.

In die duidelikste aanduiding nog dat sy en Justin Theroux dit oorweeg om met ’n gesin te begin, het Jennifer (44) haar lewensmaat se liefde vir kinders en sy koesterende kant geloof.

Terwyl sy saam met haar We’re The Millers-medester Jason Sudeikis met die tydskrif Glamour gepraat het, het sy gesê: “Ek weet byvoorbeeld Justin het wonderlike vaderskap-instinkte, want hy moes (in sy grootwordjare) in ’n seker opsig die ouer word. Ek dink as jy, as ’n jonger mens, die ouer moet word, leer jy daardie instinkte aan.”

Jennifer, wie se eerste huwelik met Brad Pitt in 2005 op die rotse geloop het, het ook hart oopgemaak oor haar onstuimige 30’s. Sy het erken sy wens sy kon die horlosie terugdraai en vir haar jonger self gaan sê om terapie te kry om alles te hanteer wat toe gebeur het.

Sy het gesê: “Dertig. Gaan vir terapie. Ruim al die *** op. Ruim al die gif en geraas op. Verstaan wie jy is. Voed jou oor jouself op.

“Jy kan baie goed ongedaan maak. As jy nie gelukkig is nie, kan jy gelukkig word. Geluk is ’n keuse. Ek voel regtig so. Soos met vriende wat weier om gelukkig te wees, wat weier om uit te styg bo die ongemak wat hulle ervaar.

“Jy verdien eintlik om ’n gesin te hê. En wanneer jy jouself ontmoet en jouself waarlik lief het, dan trek jy dit na jou toe aan. Ek kyk, ek bedoel, ons twee het hierdie twee pragtige, liefdevolle, openlike mense gevind.”