Jennifer Aniston bevraagteken of haar en Justin Theroux se troue al verby is.

Die voormalige Friends-aktrise het in Augustus 2012 aan haar mede-akteur verloof geraak, maar die twee het nog nie voor die kansel gestaan nie.

Daar loop steeds gerugte oor hul komende troue en Jennifer se liefdeslewe word dikwels in Hollywood bespreek; daarom spot sy sy moet by met die media op hoogte bly om te weet of sy al getroud is.

“Het dit nog nie gebeur nie?” het Jennifer op Extra TV gespot toe sy oor die troue uitgevra word. “Ek weet nie. Ek het nog nie hierdie week gelees wat met ons gebeur nie. Ek sal moet gaan kyk.”

Toe die aanbieder Rob Estes vir haar sê hulle gaan glo op ’n branderry-bruilof afhaak, het Jennifer erken sy is nie ’n waternimf nie.

“Is dit wat gebeur? Waar? O, ek branderry nie. Dit gaan aaklig wees,” het sy glimlaggend gesê.

Die 45-jarige maak nou voorbrand vir haar nuwe rolprent, Horrible Bosses 2, die opvolg op die komedie van 2011.

Jennifer hervat haar rol as die mansieke tandarts Julia Harris en erken die karakter “delf in die donker kant” van haar brein.

Maar van haar woorde was vir die ster eenvoudig te kru om te sê.

“Stel jou voor hoe erg dit was dat ek gesê het ek kan dit nie sê nie. Óf dit was baie erg óf ek het dit regtig nie verstaan nie, wat waarskynlik die geval was,” het sy laggend gesê.

© Cover Media