Jennifer Aniston het glo gehuil toe sy oor Angelina Jolie se dubbele mastektomie lees.

Die Horrible Bosses-ster, wat in Januarie 2005 van Brad Pitt geskei is kort voor hy met Angelina, nou sy verloofde, begin uitgaan het, was baie ontsteld toe sy lees die aktrise het albei haar borste laat verwyder nadat sy gehoor het sy het ’n 87 persent kans op borskanker.

’n Bron het aan die National Enquirer gesê: “Sy was ongelooflik geraak toe sy Angelina se storie lees. Dit het haar onkant betrap hoe dapper sy is. Dat sy so ’n groot ding vir haar gesin deurgemaak het, het Jen laat besef dat ongeag hoe hulle by mekaar uitgekom het, Angelina Brad en die kinders regtig lief het.

“Ja, Jen het seergekry toe Brad haar gelos het en die pyn het jare aangehou, maar sy het dit nou verwerk en wil vir Angelina ’n olyftak aanbied.”

Jennifer ( 44) is al lank ’n kampvegter vir borskankerbewustheid. Van haar vriendinne is al daardeur geraak, onder wie die sanger Sheryl Crow, wat in 2006 ’n kankeragtige borsknop laat verwyder het, en Christina Applegate, wat die suster van haar karakter, Rachel, in Friends vertolk het en albei haar borste as voorkomende maatreël laat verwyder het.

Die bron het bygevoeg: “Jen was ’n groot steunpilaar vir Sheryl, wat sewe weke bestraling gekry het toe ’n knop in ’n standaardmammogram opgespoor is. Jen sal nooit vergeet hoe dapper sy was nie.

“Dit hoekom sy maar te goed weet hoe ’n vreeslike dapper besluit Angelina geneem het.”

Die bron het bygevoeg Jennifer het vir Brad ’n teksboodskap gestuur om haar ondersteuning te bied nadat sy op 14 Mei Angelina se onthulling oor haar mastektomie in die New York Times gelees het.