Nancy het in die ouderdom van 79 jaar aan ’n onbekende kwaal gesterf en die voormalige Friends-ster het die hartseer nuus gisteraand bevestig.

’n Verklaring van Jennifer aan die tydskrif People lui: “Dit is met groot hartseer dat ek en my broer, John, die afsterwe van ons ma, Nancy Dow, bekendmaak. Sy was 79 jaar oud en het vreedsaam gesterf, omring deur familie en vriende nadat sy ’n lang siekte verduur het. Ons vra dat ons familie se privaatheid gerespekteer word terwyl ons oor ons verlies rou.”

Verskeie berigte suggereer die voormalige model het ’n rits beroertes gehad en die vermoë verloor om te praat en te loop.

Lees ook: Johnny Depp en Amber Heard maak skokaankondiging

Volgens die tydskrif In Touch het Jennifer haar verswakte ma vroeër vandeesmaand die eerste keer in amper vyf jaar besoek nadat sy van haar vervreemde ma se siekte gehoor het.

Jennifer het aanvanklik opgehou om met haar ma te praat ná die publikasie van Nancy se boek, From Mother and Daughter to Friends: A Memoir, in 1999. Die aktrise was kwaad oor onthullings oor hul verhouding wat Nancy in die boek gemaak het.

Maar in ’n onderhoud met The Hollywood Reporter verlede jaar het Jennifer volgehou hulle is nou op goeie voet, ondanks hul onstuimige verlede.

“Ons is piekfyn,” het sy gesê. “Sy het ’n humeur gehad. Ek kan dit nie verdra nie. As ek ontsteld raak, sal ek goed bespreek. Ek sal nooit so skree en histeries raak nie. Ek is nooit geleer ek kan skree nie. Eenkeer het ek my stem vir my ma verhef en op haar geskree, en sy het my aangekyk en uitgebars van die lag. Sy het vir my gelag omdat ek teruggeskree het. En dit was soos ’n vuishou in my maag.

“Sy was krities. Sy was baie krities op my. Omdat sy ’n model was, was sy pragtig, beeldskoon. Ek was nie. Ek was nooit nie. Ek dink eerlikwaar steeds nie oor myself in daardie lig nie, wat in die haak is. Sy vergewe ook nie maklik nie. Sy het wrokke gekoester wat vir my so kleinlik was.”

Lees ook: Oscar Pistorius het vir my boodskappe gestuur, sê model Katie Price

Jennifer het bygevoeg dit is nie in haar aard om wrokke teen ander te koester nie en gesê sy is waarskynlik te vergewensgesind.

Sy het voorts gesê: “Daar is mense in my lewe wat vra: ‘Hoe praat jy enigsins nog met daardie ou?’ Maar wat is die nut van vasklou aan (woede)? Dis so giftig.

Ons is mense. Mense maak foute. Mense is nie volmaak nie. En deur iemand nie te vergewe nie, laat jy nie mense toe om te groei en beter mense te word nie.”

Jennifer is die enigste dogter van Nancy en die akteur John Aniston, met wie sy van 1965 tot 1980 getroud was.

Nancy was voorheen met die musikant Jack Melick getroud en hulle het ’n seun, John T. Melick III, gehad. Hy is ’n regisseur in Los Angeles.

Soos haar dogter was Nancy ook ’n aktrise. Sy het in reekse soos The Beverly Hillbillies, The Wild Wild West en die drama Pure van 2004 verskyn.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ouers se agt jaar lange stryd met Binnelandse Sake oor hul kind se identiteit

Marco Spaumer verklap wat deur Tim se kop gegaan het tydens daai skokkende Suidooster-oomblik

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

Omgekrapte vrou vermorsel peperduur Jaguar met haar peperduur Range Rover

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!